Change your language optionEnglish

Die aanlyn onderrig ondersteuningsplatform (“platform”) wat leerders help om hul akademiese potensiaal te ontwikkel.

SLUIT VANDAG AAN!
TEKEN IN

Aanlyn onderrig – Die toekoms van onderwys

Hetsy druk, of groot verwagtinge, die naam wat daaraan toegeskryf word maak nie saak nie, die uiteinde is dieselfde – Skool Spanning.

Mededinging begin so vroeg as kleuterskool, waar speeltyd in ‘n wedloop verander, akademiese prestasie word ‘n maatstaf van aanvaarding, vriende word bloot sosiale kennisse en liefdadigheid ‘n woordjie in ʼn curriculum vitae.

Deesdae word leerders se tyd in beslag geneem deur ’n magdom verskillende aktiwiteite bo en behalwe hulle akademiese verpligtinge. Sport, sosiale en familie verpligtinge verg gelyke tyd wat tot spanning lei. Die geleentheid om toegang tot Wize-Up Learning se platform te kry het ‘n noodsaaklikheid eerder as ‘n luuksheid geword.

Wize-Up Learning se platform bied leerders die geleentheid om te leer in die gemak van hulle eie omgewing en in hulle eie tyd. ​

Die ideale platform om leerders aan te spoor om nuwe akademiese hoogtes te bereik.

 

Registreer Vandag!

Teken vandag in op ons platform en ontdek verskeie inligtingryke leerprogramme vir leerders vanaf Graad 4 tot 7

SLUIT VANDAG AAN!
VOORBEELDE

Wat is die voordele van die Wize-Up Learning se platform?

LEER ENIGE PLEK, ENIGE TYD​

Met Wize-Up Learning se platform kan leerders enige plek studeer; of dit nou op Pappa se slimfoon is, op pad na Ouma se huis toe; of op Mamma se rekenaartablet, voor sportoefening of na kooroefening – of op jou eie rekenaar, in die gemak van jou eie kamer, die keuse is joune.

Wize-Up Learning se platform kan gevind word met behulp van enige snuffel portaal en gebruik word met behulp van bykans enige mobiele toestel.

LEER IN JOU EIE TYD, TEEN JOU PAS

Omdat kinders almal individue is, leer hulle nie op dieselfde manier nie.

Met Wize-Up Learning se platform kan leerders op hulle eie tyd en pas studeer wat kan bydra tot ‘n beter leerproses.

VERLIG DIE SPANNING GEDURENDE DIE EKSAMEN

Met ʼn oorvloed materiaal beskikbaar op Wize-Up Learning se platform kan leerders met selfvertroue voorberei vir enige eksamen.

Angs speel ʼn groot rol wanneer eksamen geskryf word. Angstige leerders presteer nie tot die beste van hulle vermoëns nie. Wize-Up Learning se platform kan dus ingespan word om met groter gemak vir die eksamen voor te berei.

DIE PAD NA SUKSES​

Harde werk lei tot sukses. Wize-Up Learning se platform kan vir leerders die geleentheid skep om hulle akademiese potensiaal te ontwikkel.

Registreer Vandag!

Teken vandag in op ons platform en ontdek verskeie inligtingryke leerprogramme vir leerders vanaf Graad 4 tot 7

SLUIT VANDAG AAN!
VOORBEELDE